Wladimir Lenin

Wladimir Lenin
Wladimir Lenin
Wladimir Lenin in 1920

Voorsitter van die Volksraad van Kommissarisse
Ampstermyn
8 November 1917 – 21 Januarie 1924
Voorafgegaan deur Aleksander Kerenski (as president van die voorlopige regering)
Opgevolg deur Aleksei Rikof
(Josef Stalin as partyleier)

Leier van die Bolsjewisteparty
Ampstermyn
17 November 1903 – 21 Januarie 1924
Voorafgegaan deur Geen
Opgevolg deur Josef Stalin (as hoofsekretaris)

Persoonlike besonderhede
Gebore 22 April [O.S. 10 April] 1870
Simbirsk, Russiese Ryk
Sterf 21 Januarie 1924
Gorki Leninskije, Russiese SFSR, Sowjetunie
Politieke party Bolsjewisteparty
Eggenoot/-note Nadezjda Kroepskaja
Professie Politikus, rewolusionêr, regsgeleerde
Religie Geen[1]
Handtekening

Wladimir Iljitsj Lenin (Russies: Владимир Ильич Ленин; 22 April [O.S. 10 April] 1870 – 21 Januarie 1924), was ’n Russiese rewolusionêr, skrywer, regsgeleerde, stigter van die Bolsjewisteparty, leier van die Oktober-rewolusie, stigter van die Sowjetunie en die eerste leier van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. "Lenin" was een van sy skuilname as rewolusionêr en is waarskynlik ’n verwysing na die rivier Lena. Hy is gebore as Wladimir Iljitsj Oeljanof (Владимир Ильич Ульянов).

As hoof van die Bolsjewiste het hy die Rooi Leër na oorwinning gelei in die Russiese Burgeroorlog en daarna die wêreld se eerste amptelike sosialistiese staat gestig. Uit sy uitgebreide teoretiese en filosofiese bydraes tot Marxisme is Leninisme gebore.[2]

Hy het op 21 Januarie 1924 in sy datsja, 'n voormalige herehuis, in Gorki Leninskije gesterf ná ’n aantal beroertes. Sy gebalsemde liggaam is op permanente tentoonstelling in Moskou. Hy is deur Josef Stalin opgevolg as partyleier.

  1. Chivers, C.J. "Russia Weighs What to Do With Lenin's Body" New York Times (5 Oktober 2005)
  2. Триумф и Трагедия И. В. Сталин: политический портрет. (Triomf en Tragedie – I.W. Stalin: ’n Politieke Portret) Дмитрий Волкогонов (Dmitri Wolkogonof). Boek 1, Deel 1, bl. 95–114. Новости. Moskou. 1989.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search